RITCHIE– Inwoners van Ritchie het glo van 05:00 vanoggend voor die kliniek in ’n lang tou gestaan om mediese dienste te ontvang.
Een van die inwoners het omstreeks 08:48 foto’s van die lang ry aan FiND iT gestuur. Sy sê hulle ondervind ’n situasie by die kliniek. “Die susters het nog nie opgedaag om die mense te help nie.”
Die inwoner sê: “Help ons asseblief sodat ons mense bystand kan kry. Hier is niemand wat die situasie bestuur nie.”
Ons as lede van die gemeenskap het gekom om te help, maar die persone wat in beheer is, het ons verhoed om te help,” sluit sy af.
Die kliniek het bevestig dat hulle môre tussen 06:30 en 16:00 oop sal wees.
FiND iT het navraag gedoen by die gesondheidsdepartment.








