RESEP: Vrugtewyn tuisgemaak

Deel hierdie storie / Share this story

Dit is nog nie te laat om ’n vinnige vrugtebierresep in die twee weke van inperking wat voorlê, aanmekaar te slaan nie.

Enige vrug sal smaaklike verversings maak

Vrugte soos perskes, pruime en appelkose is ’n gewilde keuse, omdat dit smaaklik is en hul kleur goed hou. 

Eksotiese vrugte soos mango’s en pynappels kan ook gebruik word en dié vrugte kan met ander vrugte gemeng word.

Bestanddele en toerusting

  • 1 tot 2 kg vrugte na smaak.
  • 1 pakkie gedroogde rosynne.
  • 2 kg suiker.
  • 1 pakkie gis.
  • Ongeveer 15 liter gefiltreerde water.
  • 20 liter glas- of plastiesehouer, verkieslik met ’n kraantjie. 

Sterilisasie van werksoppervlakke, houers en toerusting

Dit baie belangrik om ten alle tye houers en gereedskap gesteriliseer te hou. Die fermentasieproses benut bakteerie soos gis om die suiker in alkohol te verwerk. 

Maklik om te maak

Was die vrugte, skil dit af, maar moenie die skille weggooi nie. Sny dit in kleiner stukke. 

Gooi al die bestanddele in ’n 20 liter houer. Vul dit met ongeveer 10 tot 15 liter gefiltreerde water. 

Bêre die houer in ’n warm plek om die gis aktief te hou. Moenie die houer se deksel heeltemal seël tensy jy ’n eenrigtingklep het nie. Dit gaan oor die tydperk gas ontwikkel. Roer dit daagliks.

Dit kan binne drie dae benut word. Alhoewel die alkoholinhoud baie min sal wees, kan jy dit vir langer laat gis indien jy dit sterker wil hê.

Wanneer jy tevrede is met die smaak, kan jy dit deur ’n sif of kaasdoek filtreer en in houers in die yskas bêre om die gisproses te stop.

Die vrugte kan ook geëet word of in ander lekkernye geniet word. Jy kan nie ’n fout hiermee maak nie. Eksperimenteer tot jy ’n wenner het.

Wenk: toets jou gis vooraf

Maak seker jou gis is nog aktief deur 1 teelepel suiker en 2 teelepels gis by ’n kwart koppie warm water te voeg. Wag tien minute. As die mengsel borrel en ’n gisaroma ontwikkel, is die gis steeds goed.

Foto’s deur die Kimberley Craft Beer Facebook-blad.