KIMBERLEY – Rokers wat nie kartonne sigarette opgeberg het nie, mag dalk teen die einde van die inperkingperiode alles wat penvormig is, opgeknaag het.
Dit volg omdat besighede wat tydens inperking handeldryf, verbied word om enige alkoholiese en tabakprodukte te verkoop.
FiND iT het ’n inkopiesentrum in die stad besoek en met ’n kassier gesels. Die kassier sê klante kla verskriklik oor hulle nie sigarette mag koop nie.
Boonop is dit nou baie besiger as wat dit normaalweg is, noem sy.
Lees ons vorige berig, Regulasies vir inperkingsperiode.
Lys van noodsaaklike goedere soos dit op bladsy 8 van die regulasies verskyn:
GOEDERE
1. Kos
(i) Enige voedselproduk, insluitende nie-alkoholiese drank;
(ii) voedsel vir diere, en
(iii) Chemikalieë, verpakkings- en aanvullende produkte wat gebruik word in die produksie van voedselprodukte.
2. Reinigings- en higiëniese produkte
(i) toiletpapier, sanitêre doekies, tampons, kondome;
(ii) Handreiniger, ontsmettingsmiddels, seep, alkohol vir industriële gebruik, huishoudelike skoonmaakprodukte en beskermende produkte vir persoonlike gebruik; en
(iii) Chemikalieë, verpakkings- en aanvullende produkte wat gebruik word in die vervaardiging van enige van die bogenoemde produkte.
3. Medies:
(i) Mediese voorrade vir hospitale, toerusting en beskermende toerusting vir persoonlike gebruik, en
(ii) Chemikalieë, verpakkings- en aanvullende produkte wat gebruik word in die vervaardiging van enige van die bogenoemde produkte.
4. Brandstof, steenkool en gas ingesluit
5. Basiese goedere, insluitend lugtyd en elektrisiteit.



