Hoe kom jy oor die weg met inperking?

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Vir sommige mense is dit ’n plesier om in te bly, vir ander is dit hel. Wat help jou om deur die inperkingsperiode te kom?

FiND iT het inwoners van Kimberley gekontak om uit te vind hoe hulle gedurende die inperking oor die weg kom.

Beryl, ’n pensionaris en inwoner van die stad, sê inperking raak haar nie juis nie. “Ek is gewoond daaraan.”

Sy sê sy was winkels toe vir die noodsaaklike. Sy sê: “Die dorp het soos ’n malhuis gelyk. Dit was chaos.”

Beryl hou haar besig met die kleinkinders en luister na musiek. Sy sê: “Ek hou biduur met die kinders, lees Bybel en Bybel verhale, die boeke met die teksvers en verduideliking,” sê sy.

Nog ’n inwoner sê hy het sover nog geen probleme ervaar nie. “Ek stuur my seun vir noodsaaklikhede en verder maak ek gebruik van die snoepwinkels hier rond,” sê die inwoner.