SA webtuistes glo vereis om Covid-19 skakel te bevorder

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Van Suid-Afrikaanse webtuistes word glo vereis om die regering se skakel oor Covid-19 te bevorder.

Volgens Business Insider moet alle webtuistes wat met .za eindig aan dié vereiste voldoen.

Die skakel moet “sigbaar” wees en moet op die voorblad van die webwerf verskyn. Dis volgens regulasies wat deur Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, voorgelê is.

Die oordrag van selnommers word verbied en is dit nie moontlik om van selfoonnetwerkverskaffer te verander sonder om jou telefoonnommer te verloor nie.

Dit is blykbaar om kriminele te stuit terwyl die owerhede daarop fokus om die koronavirus te beveg, berig Business Insider.