KIMBERLEY – Die taxistaanplek in Bultfonteinweg is propvol mense met sakke vol kruideniersware wat sit en wag vir taxi’s, terwyl die taxistaanplek in Marketstraat verlate is. Die mense het die 09:00 afsnytydperk vir vervoer gemis.
Mpho Oliphant sê sy staan en wag al vir ure. “Ons het nie geweet taxi’s sal om 09:00 ophou ry nie. Wat moet ons nou met ons kos maak? Ons kan nie sit en wag tot 16:00 wat die taxi’s weer begin ry nie. Al ons kos gaan vrot raak.”





