KIMBERLEY – Hier is ’n kykie na hoe die North Cape mall op die eerste dag van inperking lyk.
Die klein hoeveelheid mense hier hou almal hul afstand van mekaar. Meeste wat die bank, apteek of winkels besoek, dra maskers en handskoene. Die polisie doen ook rondtes om te verseker dat Kimberliete die riglyne volg en maatreëls gehoorsaam.



