PAS BEKEND: Gevalle in SA styg na 1170

Deel hierdie storie / Share this story

Die bevestigde korona-syfer in Suid-Afrika is nou 1 170.

So sê Jackson Mthembu, minister in die presidensie van Suid-Afrika op 27 Maart. 

Mthembu het namens dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, die nuwe korona-syfer aan Suid-Afrika bekendgemaak.

Bheki Cele, minister van polisie, het gesê daar is sedert gisteraand om 00:00 reeds 55 Suid-Afrikaners in hegtenis geneem omdat hulle nie die reëls en regulasies van die inperkingsperiode gehoorsaam het nie. Volgens Cele het dié persone in bondels saamgedrom of gekuier en gedrink.

“Hulle het gedoen presies wat hulle gevra is om nie te doen nie. Hulle het hul eie en baie ander Suid-Afrikaners se lewens in gevaar gestel,” sê hy.

Hier is die volledige persverklaring: