Smullekker sjokoladekoek

’n Sjokoladekoek bly een van die lekkerste bederwe. Dis nie nodig om te wag vir ’n feestelike dag om ’n sjokoladekoek te bak nie!

Bestanddele

• 1¾ k meel
• 1½ k suiker
• 3 t bakpoeier
• ¾ k kookolie
• ¾ k water
• 5 eiers
• 1 t vanielje-geursel
• 4 e kakao
• ¼ t sout

Stroop

• 1½ k water en suiker
• 3 t koffiepoeier
• 1 t vanielje

Metode:

• Klits die eiers, suiker, sout en vanielje-geursel goed saam.
• Klits die water en die olie by.
• Sif meel, kakao en bakpoeier saam.
• Voeg dit by die eiermengsel.
• Bak vir 40 minute teen 160°C.
• Sny die koek in blokkies voordat dit heeltemal koud is.
• Kook dan die stroopbestanddele vir vyf minute.
• As die mengsel afgekoel het, klop room en karamel by en smeer dit oor die koek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: