Eerste koronavirus-geval in Mediclinic Gariep

KIMBERLEY. – Die eerste koronavirus-geval is in die Mediclinic Gariep in Kimberley opgeneem.

Denise Coetzee, woordvoerder vir die Mediclinic Gariep, sê die pasiënt is in isolasie, waar verpleegpersoneel opgelei is om na die pasiënt om te sien.

“Die pasiënt is vyf dae terug in die hospitaal opgeneem. Die pasiënt is van die begin af geisoleer en hanteer asof ons met ’n COVID-19 geval werk, totdat ons die uitslae kry. Ons het vandag die uitslae gekry en dit is positief.”

Coetzee sê die hospitaal volg die nasionale instituut vir oordraagbare siektes se riglyne.

Coetzee sê die pasiënt is stabiel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: