Besluit heroorweeg: Geen drawwery nie

Oor ‘n paar uur is die hele Suid-Afrika in totale isolasie. Alle Suid-Afrikaners, buiten diegene wat kos wil koop, bank toe wil gaan, maatskaplike toelae moet kry of mediese aandag nodig het, sal tydens die volgende 21 dae in hulle huise bly. Slegs besighede wat noodsaaklike dienste bied, sal gedurende die volgende drie weke oop wees.

Hierdie streng riglyne en maatreëls is in plek gestel om die verdere verspreiding van die aansteeklike koronavirus te voorkom.

Aangesien meeste besighede hulle deure vir eers gesluit sal hou, sal ‘n magdom werknemers dus nou vir 21 dae by die huis moet bly. Sommige mense het planne gemaak om gereeld in dié tyd te gaan draf of met die hond te gaan stap.

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gister 25 Maart in verskeie onderhoude aangekondig dat dit toegelaat sal word om gedurende isolasie te gaan stap of draf. Mkhize het gesê die land se grootste probleem is groot sosiale byeenkomste.

Bheki Cele, die minister van polisie, het gister gesê die cluster-span se ministers het egter dié aankondiging heroorweeg en daarteen besluit.

“Daar sal geen stap- of drafsessies in isolasie toegelaat word nie. Jy kan in die huis met jou hond rondloop,” sê Cele.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: