Veld loop deur onder rommelstrooiers

Deel hierdie storie / Share this story

’n Ontstelde inwoner het dié naweek ’n verdagte bakkie by die veld in Petrusstraat sien inry.

Christoline Hodgons, inwoner van Petrusstraat, sê haar seun was om ongeveer 14:50 buite in die tuin besig toe hy die bakkie raakgesien het.

Volgens Hodgsons is dit nie die eerste keer dat persone net goed in die veld kom aflaai nie. “Daar was al dinge soos geslagte diere, bourommel, tuinrommel en net gewone rommel wat hulle in die veld reg oorkant my huis kom aflaai het. Dit lok vlieë!”

Hodgson sê haar man het die bakkie se registrasienommer en ’n video van die insident aan die sakekamer gestuur en die situasie aangemeld.