Paniekkopery tref Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Sommige mense is paniekbevange ná president Cyril Ramaphosa se aankondiging in sy toespraak gisteraand en het besluit om kosvoorraad vir die volgende 21 dae te gaan aankoop. Ander reken weer dié paniekkopery is onnodig en ’n mors van geld.

Tiaan Zandberg, inwoner van Kimberley, het gisteraand hierdie foto aan FiND iT gestuur. “Dis hoe dit omstreeks 8:40 vanaand in die Rhodesdene Pick ‘n Pay gelyk het,” het hy onderaan die foto geskryf.

Zandberg sê hy het in sy spore omgedraai toe hy die lang rye vol trollies sien.

Ramaphosa het op 23 Maart aangekondig dat alle Suid-Afrikaners van 26 Maart tot 16 April in isolasie sal verkeer. Geen persone mag in hierdie tydperk hulle huise verlaat nie. Die enigste individue wat toegelaat sal word om hulle huise te verlaat, is diegene wat kos wil koop, maatskaplike toelae wil gaan haal of mediese aandag nodig het.

Dié vlak van ingryping is nodig om die verdere verspreiding van Covid-19 te voorkom.