Covid-19 gevalle in SA styg tot 554

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het vanoggend aangekondig daar is nou 554 gevalle van Covid-19 in die land aangeteken.

Mkhize sê vyf persone wat positief vir die koronavirus getoets is, het sedertdien herstel en daarna negatief getoets. 

Nog geen sterfte is weens die koronavirus aangeteken nie, sê hy.