Vier plekke waar kieme wegkruip

Deel hierdie storie / Share this story

’n Paar kieme doen nie veel skade nie, maar ‘n skrikwekkende hoë aantal bakterieë kruip weg waar jy dit die minste verwag. As jy dink die toiletsitplek is die ergste, is jy verkeerd.

Handsakke:

Handsakke word op die vloer in openbare plekke, motors, werkstasies ensovoorts neergesit. Dit is hoe jy skadelike kieme kan oordra.

Hou dit skoon:

  • Hang jou handsak aan die haak in openbare badkamers.
  • Hou dit op jou skoot in openbare vervoer.
  • Vee dit gereeld af met ontsmettingsmiddel.

Winkeltrollie:

Trolliehandvatsels is gelaai met bakterieë, speeksel en fekale stowwe. Die helfte van alle herbruikbare inkopiesakke is ook besoedel.

Hou dit skoon:

  • Gebruik antibakteriële middel om die handvatsels van die winkeltrollies skoon te maak.
  • Was jou hande en gebruik ’n ontsmettingsmiddel na jou inkopies.

OTM’s:

Wanneer ons PIN-kodes by ’n OTM-masjien insit, kry ons meer as net kontant. Navorsing het bewys OTM’s is net so vuil soos openbare toilette. Sommige OTM’s het Bacillus cereus, ’n bakterie wat ’n soort voedselvergiftiging kan veroorsaak.

Hou dit skoon:

  • Maak jou hande skoon met ’n ontsmettingsmiddel nadat jy ’n OTM gebruik het.

Gimnasiumtoerusting:

Sekere virusse kan tot ’n maand lank op oppervlaktes oorleef. Studies het bevind dit lê op verskillende gimnasiumtoerusting. Die sweterige omgewing is net die plek waar kieme kan ontkiem, gereed om na die volgende gebruiker te versprei.

Hou dit skoon:

  • Gebruik ’n handwasmiddel met alkohol om jou hande af te vee nadat jy klaar geoefen het.
  • Moenie vertrou op ’n handdoek wat ook besmet kan word nie. Gebruik ’n ontsmettingsmiddel op handvatsels of gewigte.