Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand 22 Maart in ’n persverklaring aangekondig dat die hoeveelheid korona-gevalle in Suid-Afrika tot 274 gestyg het.
Daar is tot op hede twee persone in die Oos-Kaap, nege in die Vrystaat, 132 in Gauteng, 36 in KwaZulu-Natal, een in Limpopo, ses in Mpumalanga en 88 in die Wes-Kaap wat positief vir Covid-19 getoets het.




