KIMBERLEY. – ‘n Stemboodskap wat onder Kimberliete versprei word waar ‘n onbekende vrou sê daar is ‘n geval van koronavirus in Gariep Medi-Clinic, is onwaar.
FiND iT is oorval deur boodskappe vanoggend wat die stemboodskap aanstuur.
Denise Coetzee, woordvoerder van Gariep Medi-Clinic, het bevestig dit is fopnuus.
“Dit is fopnuus. Ons het die boodskapper opgespoor en gewaarsku oor die gevolge van vals nuus oor die virus versprei. Ons het die laaste week etlike pasiënte getoets en nog geeneen was positief nie. Daar kom daagliks mense wat getoets word,” sê Coetzee.



