Hierdie resep is perfek vir ’n Sondagmiddag-bederf en lewer ses porsies.
Bestanddele:
- 1 blikkie perskehelftes, gedreineer
- 4 eiers
- 80 ml strooisuiker
- 300 ml vars room
- 5 ml vanieljegeursel
- 45 ml meelblom
Metode:
- Verhit oond tot 180 ºC.
- Smeer ’n oondbak en rangskik die vrugte daarin.
- Klits eiers, strooisuiker, room en vanielje saam tot skuimerig.
- Vou die meelblom in en meng tot glad.
- Gooi die roommengsel stadig oor die perskes en bak vir 15 tot 20 minute totdat dit gestol het.
- Bedien met roomys.



