KIMBERLEY – Patrick Mabilo, uitvoerende burgemeester, en Leon Farland, portefeuljevoorsitter, het met die direktoraat van gemeenskapsdienste vergader om die sprankel na ons stad terug te bring.
Mabilo sê die doel van die vergadering is om met die uitvoerende direkteur, bestuurders, lynbestuurders en toesighouers in die verskillende afdelings onder die direktoraat vir gemeenskapsdienste en maatskaplike ontwikkeling te skakel.
Mabilo wil die vertroue van inwoners herwin en die gehalte van dienslewering versnel en verbeter.



