SAL kanselleer alle internasionale vlugte

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Die Suid-Afrikaanse lugdiens het alle internasionale vlugte tot aan die einde van Mei in reaksie op die regering se reisverbod om die verspreiding van Covid-19 te verminder, gekanselleer.

Tlali Tlali, SAL-woordvoerder, sê dié lugdiens gaan slegs plaaslike roetes tussen Johannesburg en Kaapstad vlieg.

Airlink help SA Express-passasiers

Airlink, ’n vennoot van SAL, het in ’n persverklaring op hulle webtuiste aangekondig dat hulle klante van SA Express, wat deur kansellasies geraak word, sal akkommodeer. Dit volg nadat SA Express vlugte op 18 Maart gekanselleer het.

Roetes wat geaffekteer word, is van Johannesburg na Bloemfontein, Kimberley, Hoedspruit, Gaborone en Walvisbaai.

Meer roetes gesluit

Vlugte tussen Durban en Nelspruit en Durban en Bloemfontein is tydelik weens lae aanvraag opgeskort.