Covid-19: Hospitaalwerker in Vrystaat toets positief

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT – Volgens dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, is een van die positiewe Covid-19-gevalle in die Vrystaat ’n ma van twee. Sy is ’n gesondheidswerker in ’n privaat hospitaal. Die regering het die pasiënte na wie sy omgesien het, opgespoor en hulle gaan ook getoets en gemonitor word.