August 4, 2021

Munisipale voertuig stort glo vullis in veld

KIMBERLEY – Werkers in ’n munisipale voertuig is gister omstreeks 14:45 in die veld in St Augustinestraat deur ’n inwoner gesien terwyl hulle glo afval gestort het.

Marietjie Baird, ’n inwoner, sê: “Dit lyk al soos ’n vullisplek waar ons bly. Niemand maak skoon nie en almal gooi net neer. Ons het kinders en is dit goed vir ons higiëne?”

Sy sê: “Al ons inwoners is al moeg hiervoor. Dit is by die oop myn. Wat moet die toeriste dink van Kimberley?”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *