Eerste Covid-19 gevalle in Vrystaat

Deel hierdie storie / Share this story

In ’n persverklaring wat gister 19 Maart deur dr. Zwelini Mkhize uitgereik is, word die aantal Covid-19 gevalle in Suid-Afrika as 150 bevestig.

Die eerste gevalle van dié virus is in die Vrystaat aangemeld. “Sommige van die pasiënte is reeds in isolasie, en ander word steeds ingelig. Sodra al die pasiënte ingelig is, sal die amptelike getalle bekendgemaak word,” sê dr. Mkhize.