KIMBERLEY – Inwoners van Bloemanda in Galeshewe is vanoggend glo sonder bewyse dat ’n geldige uitsettingsbevel toegestaan is, uitgesit.
Pontsho Mocwana, woordvoerder van die gemeenskap, sê inwoners het gevra om die uitsettingsbevel te sien, maar beamptes van die Sol Plaatje-munisipaliteit kon dit glo nie toon nie.
FiND iT het navraag by die munisipaliteit en die polisie gedoen, maar geen terugvoer is betyds vir publikasie ontvang nie.





