Inspirasie van die week – Marius Prinsloo

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Marius Prinsloo (56) streef daarna om sy medemens te dien. Volgens dié wat hom ken, het hy die mooiste hart en is altyd daar om ander te help.

Grootgeword in Kaapstad

Prinsloo het in Dieprivier, Kaapstad grootgeword en sy skoolloopbaan by Hoërskool Hopefield aan die Weskus voltooi.

Wil die gemeenskap dien

Na skool het hy besluit om by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan te sluit en het al 37 jaar diens. “Ek het op die SAPD as loopbaan besluit omdat dit die beste plek is om die gemeenskap te dien, jou kollegas te dien en om ’n bydrae tot ’n veiliger gemeenskap te lewer.”

Liefde van sy lewe

Prinsloo het ses jaar gelede in 2014 om twaalfuur nag die liefde van sy lewe, Belinda Ruth Prinsloo gevra om sy vrou te word. Hulle sal in Mei vanjaar vyf jaar getroud wees. Die paartjie het in Augustus 2011 by ’n vriend se huis ontmoet. Belinda vertel Marius sorg baie mooi vir haar en hulle 10 dierekinders. “Hy het ’n goeie hart en is altyd behulpsaam. Hy praat nooit kwaad van ander nie. Almal vra altyd by hom raad. Geen taak is ooit te groot nie. Hy sorg bitter mooi vir sy twee dogters sowel as my drie kinders wat hy as sy eie aanvaar het.”

Wil op hoogte bly

Prinsloo geniet dit ook om te oefen en kyk gereeld nuus.” Ek glo mens moet fiks bly en ek glo ook mens moet op hoogtes wees van wat in ons land aangaan.”

Prinsloo se hy is lief vir braai en bied ook graag sy kennis aan vriende.