Driejarige vermis

Deel hierdie storie / Share this story

POSTMASBURG – ’n 3-jarige seun van Postmasburg is op 17 Maart as vermis aangemeld. Kagiso Lebogang Modise is laas gesien toe hy saam met vriende by ’n vervalle gebou naby sy huis gespeel het.

As enigiemand enige inligting het oor waar Modise is, kontak vir a.o. Nero by 072 147 2019 of jou naaste polisiestasie.