Pick ‘n Pay gaan nou sy supermarkte elke Woensdag ’n uur vroeër open om persone oor 65 ’n kans te gee om inkopies te doen. Die ouer persone is ’n hoërisikogroep en Pick ‘n Pay voel hulle word só minder blootgestel aan persone wat moontlik die koronavirus het, berig Business Insider.



