KIMBERLEY – Ongeveer 9 mm reënval word deur die loop van vandag in Kimberley verwag.
Ongeveer 1.1 mm reën word net ná 14:00 verwag. ’n Verdere 7.7 mm word vir tussen 17:00 en 18:00 voorspel.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n waarskuwing vir donderstorms in die Postmasburg-gebied uitgereik.




