In ’n persverklaring wat pas aan die publiek bekendgemaak is, word inligting in verband met die nuutste korona-gevalle in Suid-Afrika bekendgemaak. Die eerste twee gevalle van die koronavirus wat plaaslik oorgedra is, is aangemeld.
GAUTENG
’n 33-jarige man wat in Spanje was,
’n 68-jarige vrou wat in Oostenryk was,
’n 30-jarige man wat in Indië was,
’n 39-jarige man en 43-jarige vrou wat in Amerika was,
’n 50-jarige man wat in Frankryk was en
’n 37-jarige man wat in Mexico en Dubai was, is almal positief vir die virus getoets.
WES-KAAP
’n 39-jarige man wat in Kanada was en
’n 15-jarige seun wat in Frankryk was, het beide positief vir die virus getoets.
LIMPOPO
Die eerste geval is in Limpopo aangemeld. ’n 29-jarige man wat in Nederland en Frankryk was, is positief vir die virus getoets.
MPUMALANGA
’n 55-jarige man wat in Frankryk was, is positief vir die virus getoets.




