Korona: Wat jy moet weet van die president se toespraak

Deel hierdie storie / Share this story
  1. Die korona-uitbraak is volgens die wet op rampbestuur as ’n nasionale ramptoestand verklaar.
  2. Reisbeperkings na en van hoërisiko lande word vanaf 18 Maart geïmplementeer.
  3. Daar word ’n ernstige beroep op Suid-Afrikaners gedoen om nie na hoërisiko lande te reis nie.
  4. Byeenkomste en feesvieringe waar meer as 100 mense bymekaarkom, word gekanselleer.
  5. Alle skole is gesluit vanaf Woensdag 18 Maart tot na die Paasnaweek.
  6. Maatskappye word aangeraai om maatreëls in plek te stel om deeglike higiënebeheer te verseker.
  7. Waarnemings- en toetsstelsels word by die aangewese hospitale versterk.
  8. Almal word ernstig aangeraai om op te let na dinge soos fisiese kontak met ander persone en dit te probeer vermy.

Klik hier vir president Ramaphosa se volledige toespraak.

Foto: Moneyweb