Die jaarlikse Klein Karoo Nasionale Kunstefees is vanjaar afgestel weens die korona-uitbraak in Suid-Afrika. Die bestuur en direksie van dié kunstefees het dit op hulle webtuiste bekendgemaak. Die KKNK sou van 20 tot 23 Maart plaasvind.
“In die lig van toenemende kommer oor die COVID-19-pandemie (ook bekend as die koronavirus) het die bestuur en direksie van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees besluit dat dié fees op Oudtshoorn nie soos beplan van 23 tot 29 Maart 2020 sal voortgaan nie,” lui die boodskap op hulle webtuiste.
Hugo Theart, artistieke direkteur van die fees, sê dit was ’n baie moeilike besluit om te neem, maar dit is in die openbare belang van almal wat by dié fees betrokke is.



