Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het in ’n persverklaring bevestig daar is nog 14 persone in Suid-Afrika wat positief vir die koronavirus getoets het.
“Dit beteken die aantal gevalle in Suid-Afrika is nou 38,” sê dr. Mkhize.
Sewe pasiënte wat positief vir dié virus getoets het, is in Gauteng. Ses van hierdie pasiënte is in die Wes-Kaap. Daar is ook een geval in KwaZulu-Natal bevestig.
Dr. Mkhize sê die persone met wie die pasiënte almal in aanraking was vandat hulle terug in Suid-Afrika is, word tans opgesoek om ook getoets te word.



