KIMBERLEY – ’n Vermeende inbreker is gistermiddag omstreeks 16:30 deur die eienaar van die huis in Verwoerdpark se hond gebyt.
Die eienaar van die huis in Armstrongstraat, Verwoerdpark, was alleen by die huis toe die inbreker oor haar heining gespring het.
Uit vrees vir viktimisasie wil sy nie haar naam genoem hê nie.
Albert Hensberg, van ER24, sê die inbreker het ernstige beserings opgedoen en is in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal opgeneem.



