Korona toe nie in Vrystaat nie

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdag 12 Maart op sy Twitter-profiel aangekondig dat die Vrystaat-geval van koronavirus verkeerdelik gediagnoseer is.

“Daar was 17 gevalle van koronavirus in Suid-Afrika, maar ons het gevind dat die geval in die Vrystaat verkeerdelik gediagnoseer is. Die bevestigde aantal gevalle in Suid-Afrika is nou 16.”