Auto Excellence – gefokus op kliëntediens

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Auto Excellence is ’n gebruikte motorhandelaar wat in 2004 deur Christo Muller begin is.

Christo het in verskeie besighede hier en oorsee gewerk voordat hy in 2001 by Sovereign Motor as verkoopsman begin werk het. In 2004 het hy egter besluit om sy eie besigheid te begin. Die besigheid het oor die jare soveel sukses behaal dat hulle van krag tot krag gegaan het en ’n groot kliëntebasis opgebou het. Hulle verkoop karre aan die hele Noord-Kaap sowel as regoor die land. Auto Excellence het nou hulle eie in-huis finansier.

Goeie dienslewering is ’n moet

Christo glo in hierdie industrie, goeie diens kom daarop neer hoe goed die naverkope diens is. Sy leuse is “Service to me is to treat people like you would want to be treated. I know that when wê have delivered great service then we have gained a friend.”

Auto Excellence streef vir goeie en vriendelike diens.

Waarna jy kan uitsien

Auto Excellence het teen alle tye 25 voertuie op die vloer. Hulle verkoop ten minste 15 voertuie per maand. Indien daar ’n spesifieke voertuig is waarna jy opsoek is, kan Auto Excellence dit vir jou opspoor. Hulle koop ook direk voertuie by die publiek aan.

Ferdie die verkoopsman

Ferdie Coetzee werk al as verkoopsman by Auto Excellence van 2010 af. Hy het in 2003 by Imperial as verkoopsman begin. Hy is nou verkope bestuurder en sy grootste passie is kliëntediens.

Planne vir die toekoms

Christo sê hy wil graag hê Auto Excellence moet ’n huishoudelike handelsmerk word wat sinoniem is met uitstekende voertuie, professionele personeel en uitstekende diens. “In die algemeen is my visie ’n uitstekende voertuig koop- en verkoop ervaring vir alle inwoners van Kimberley.”

Kontak Auto Excellece by 083 611 79 33 of 053 8323163. Jy kan hulle ook by Longstraat 64 besoek.