Water verander in wyn in Italië

Is jy so lief vir wyn dat jy al gewens het jou water kan in wyn verander? Dit is presies wat in ’n klein dorpie in die noorde van Italië gebeur het.

Vir ’n hele uur lank het inwoners van Castelvetro di Modena wyn in hulle krane gehad. Dit is veroorsaak deur ’n tegniese fout in die pypleiding van ’n plaaslike wynmakery wat wyn wat veronderstel was om gebottel te word, verkeerdelik in die hoof watertoevoer van die munisipaliteit ingevoer het.

Cantina Settevetro, die kelder, het op Facebook geskryf dat “die voorval het geen higiëniese of gesondheidsrisiko’s veroorsaak nie” en om verskoning gevra het vir “enige moontlike ongerief wat deur die voorval veroorsaak is.”

Die munisipaliteit het soortgelyke gerusstellings op Facebook gelewer en gesê dat die probleem vinnig opgelos is. Volgens Resto del Carlino het dit bietjie meer as ’n uur geneem om te herstel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *