Tiger Woods gekies vir inhuldiging by Wêreldgholf Hall of Fame

Deel hierdie storie / Share this story

PONTE VEDRA BEACH – Tiger Woods is Woensdag gekies om by die die Wêreldgholf Hall of Fame ingehuldig te word.

“Ek is beide vereer en nederig om in die Wêreldgholf Hall of Fame opgeneem te word,” het Woods in ’n verklaring gesê.

Woods sê: “Die afgelope jaar was ’n ongelooflike reis en die ondersteuning wat ek van my familie, vriende en aanhangers ontvang het, was oorweldigend. Hierdie prestasie is die uiteindelike erkenning om nooit moed op te gee nie en aan te hou.”

Volgens ’n berig deur Golfworld is Woods die eerste lid van die klas van 2021 wat deur die 20-lid-keurkomitee van die Hall of Fame gekies is. Die komitee het Woensdag uit ’n lys van tien finaliste gestem. 

Bykomende lede sal later aangekondig word. Die formele inhuldigingseremonie wat volgende jaar plaasvind, moet ook nog gereël word.