OOS-KAAP – Vier mans wat in verband met ’n transitorooftog in hegtenis geneem is, het uit polisie-aanhouding ontsnap en met ‘n polisievoertuig gevlug, berig TimesLive.
Die vier het Woensdag van Whittlesea naby Komani gevlug toe hulle na ’n plaaslike hof vervoer is, sê brig. Thembinkosi Kinana.



