Ontmoet die Ragdoll mannetjieskat

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie outjie is bietjie skaam, maar is mal daaroor om gevryf te word. Sy pelsie is ’n unieke kleur en hy het blou ogies.

Gaan ontmoet hom in kathok 21 by die DBV in Kimberley.

Kostes en reëls verbonde aan aanneming

R40 huisbesoek in Kimberley

R570 aannemingsfooi (sterilisering, ontwurming en inentings ingesluit)

Ontmoeting van die hondjie(s)/katjie(s) asook ‘n toets om vas te stel of die troeteldiere wat jy tans het, met die hondjies oor die weg gaan kom.

Die DBV moet hulle bepaal by die wette in verband met aanneming van honde en die DBV doen graag namens jou aansoek as jy munisipale goedkeuring nodig het om meer as twee honde aan te hou.

As jou aansoek om aanneming goedgekeur is, sal jy die hondjie by die DBV in Kimberley kan gaan haal.

Vir enige navrae, kontak die DBV by [email protected].