Is jy lief vir melktert? Is jy lief vir jaffels? Hier is ’n heerlike resep vir melktertjaffels wat jy moet probeer.
Bestanddele:
- 1l melk
- 6 eetlepels suiker
- 1 eetlepel margarien
- 2 eiergele
- 2 eierwitte
- ½ koppie melk (apart van die res)
- 4 eetlepels mielieblom
- 2 eetlepels koekmeel
- 1 eetlepel vanielje
- botter vir smeer
- brood
Metode:
Vulsel:
- Kook 1l melk.
- Meng 6 eetlepels suiker en 1 eetlepel margarien saam met die melk.
- Klits 2 eiergele saam met ’n halwe koppie melk.
- Voeg dan 4 eetlepels mielieblom en 2 eetlepels koekmeel daarby.
- Voeg by melkmengsel en roer aanhoudend om klonte te voorkom.
- Klits eierwitte styf en laat staan eenkant.
- Wanneer die mengsel styf genoeg is, haal dit van die stoof af.
- Vou 1 eetlepel vanielje-geursel en eierwitte by die mengsel.
- Laat heeltemal afkoel.
Jaffels:
- Smeer snye brood net aan die buitekante met botter.
- Sit een sny in jaffelpan en skep ± 2 eetlepels vulsel daarop.
- Sit ander sny met botter kant na buite en maak jaffelpan toe.
- Laat albei kante bruin raak.
- Haal van stoof af. Sit in ’n bord en strooi kaneelsuiker oor beide kante.



