KIMBERLEY – Elizbé du Preez en haar dogter het gister deel van die statistiek geword toe hulle in die middestad gedreig en beroof is.
Du Preez vertel sy en haar dogter was op pad na Binnelandse Sake toe hulle gewelddadig aangeval en met ’n mes gedreig is. “Ek moes herhaaldelik op my dogter gil om haar handsak te los en dat hulle ’n mes het.”
Volgens Du Preez het ’n verkeersbeampte ongewapen agter die misdadigers aangehardloop totdat hulle tussen die taxi’s in verdwyn het. “Hy het ook seker gemaak dat ons veilig by ons motor uitkom en dit gesluit was.”
Du Preez sê sy hoop die polisie maak ’n plan met die misdaad in die middestad aangesien, dit algemene probleem is.



