Adriaan Karsten word vermis

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Adriaan Karsten (19) word sedert gistermiddag vermis.

Zurina Karsten, sy ma, is baie ontsteld. “Hy het my gistermiddag gevra of hy saam met een van sy vriende kan gaan speletjies speel. Ek het hom 21:00 geWhatsApp om te hoor wanneer hy huis toe kom, maar die boodskappe het nie deurgegaan nie.”

Zurina het vanoggend toe sy opstaan, gesien Adriaan het nooit huis toe gekom nie. Sy was vandag by twee van sy vriende om hom te gaan soek, maar tevergeefs.

“Dis nie hoe hy gewoonlik maak nie. Hy sou normaalweg al 18:00 by die huis gewees het.”

As jy miskien weet waar Adriaan is of hom iewers gesien het, skakel vir Zurina by 0760550484 of haar man by 0724640289.