Maak jou reg vir ’n musiekfees met skop!
Dié naweek hou ons groot makietie by die Bella Cardi Wedding Venue in Kimberley.
Daar is ses gaskunstenaars, verskeie kosstalletjies en meer as genoeg plek om heerlik te dans. Daar gaan ook kinderstalletjies soos Kimberley se Mini Mouse met haar poppekas, gesigverf, hansworse, perdritte en springkastele wees.
Kom, bring jou vriende en familie en geniet die aand saam met ons.
Die hekke open om 14:00 en die eerste optrede begin om 15:00.
Hou FiND iT se Facebook-blad dop vir video-boodskappe van die ses kunstenaars wat kom optree.



