FRASERBURG – Vyf verdagtes, een man en vier vroue tussen die ouderdomme van 22 en 34 is hier vir die handeldryf in dwelms in hegtenis geneem.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die klopjag by twee huise op die dorp volg nadat die polisie ’n wenk oor dwelmhandel in die gebied ontvang het.
Die polisie het beslag op 5 kg dagga ter waarde van R5 000 gelê.
Ramatseba sê die verdagtes het na bewering dagga aan skoolkinders verkoop.
Die verdagtes gaan binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.
Die ondersoek duur voort.






