KIMBERLEY – Omstreeks 14:40 is ’n man in Ernestville betrap waar hy in ’n inwoner se oprit besig was om aan haar voertuig te peuter.
Na bewering wou die man die motor se battery steel.
Driekie Engelbrecht, die huiseienaar, het haar honde na die agterste gedeelte van haar erf geneem toe sy hoor haar hek gaan oop. “Ek het die man betrap waar hy besig was om my voertuig se battery te steel. Ek het hom agternagesit. Hy het vir my probeer weghardloop, maar ek het my buurman se hulp ingeroep.”
Engelbrecht sê die vermeende dief het vir ’n dag by iemand in die buurt as ’n tuinhulp gewerk.
Scorp Security se wagte het vinnig gereageer en was vinnig saam met Engelbrecht en haar buurman op die toneel waar hulle die vermeende dief gevang het. Hulle het almal saam gewag tot die polisie die man kom verwyder het.
“Ek is dankbaar vir almal wat my gehelp het,” sê Engelbrecht.



