China verban verkoop van wilde diere by markte

Deel hierdie storie / Share this story

INTERNASIONAAL – China het alle markte wat in die verkoop van wilde diere handeldryf, gesluit.

Volgens NewScientist is dit ’n poging om die verspreiding van die coronavirus te stuit.

Wetenskaplikes in China jaag om die raaisels van watter wilde dier in Wuhan die coronavirus afkomstig was, op te los. Dit is nog onduidelik of dit van slange, ietermago’s of vlermuise afkomstig is.