Afpersing: ’n kriminele element

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Mans en vrouens wat in die buiteland werk, is veral kwesbaar vir die “Honeytrap”-skelmstreek omdat hulle eensaam is en nie altyd die tekens van ’n bedrogspul herken nie, sê Mike Bolhuis, privaat speurder van Pretoria.

Definisie van die verskillende skelms:

Honeytrap: ’n Bedrogspul waarin ’n persoon gelok word om inligting te openbaar of iets te doen wat die slagoffer in ’n verleentheid of gevaarlike situasie plaas.

Afpersing: Afpersing vind plaas wanneer iemand poog om geld of eiendom te bekom deur te dreig om geweld te pleeg, die slagoffer van ’n misdaad te beskuldig, of private of skadelike inligting oor die slagoffer bloot te lê.

Sextorsion (seksuele guns): Dit verwys na ’n vorm van afpersing waarin persoonlike inligting of beelde van ’n seksuele aard gebruik word om seksuele en ander gunste van die slagoffer af te dwing. Sosiale media en SMS’e is dikwels die bron van die verwante materiaal en die manier om dit met ander te deel.

Honeytrap-bedrog

Volgens ’n persverklaring deur Bolhuis het die risiko om ’n slagoffer van die Honeytrap-bedrogspul groter geword met die vordering in telekommunikasie soos sosiale media, wat tot afpersing en intimidasie kan lei.

Oortreders fokus op sensitiewe en privaat inligting van die slagoffer en dreig om dit aan familielede of owerhede te openbaar. 

In die geval van sextortion, sal hierdie soort inligting byvoorbeeld naakfoto’s wees, terwyl dit in geval van afpersing enige inligting kan wees wat die slagoffer in die verleentheid kan stel. 

Die bedrogspul werk op ’n soortgelyke basis, waar ‘n kwesbare en eensame individu geïdentifiseer en hulle finansiële status vooraf bepaal word. 

Modus operandi 

  • Manlike en vroulike afpersers sal spesifieke slagoffers op verskillende sosialemedia-platforms teiken.
  • Hulle sal via sosialemedia met hul slagoffers kontak maak om ’n verhouding met hulle te ontwikkel.
  • Nadat hulle ’n verhouding met die slagoffer ontwikkel het, sal hulle meer persoonlik begin raak. Dikwels deur middel van kitsboodskappe-toeps soos WhatsApp en deur middel van video-oproepe.
  • Romantiese gevoelens en vertroue begin ontwikkel.
  • ’n Punt word bereik waar die verdagte hom- of haarself gedeeltelik ontklee en die slagoffer word aangemoedig om dieselfde te doen.
  • Verskeie beloftes word aan die slagoffer gemaak om hom of haar te oortuig om ’n verhouding te begin.
  • Later sal die verdagte finansiële ondersteuning van slagoffer kry deur ’n uitgebreide en gewoonlik baie tragiese verhaal of vals persoonlike tragedie te vertel.
  • Die slagoffer sal aangemoedig word om fisies met die verdagte te verkeer, waar emosionele gehegtheid en fisieke aantrekkingskrag al ontwikkel het.
  • Die slagoffer word dronk gemaak of hulle sal die drank van die slagoffer dokter om hulle van hul geld en waardevolle besittings te beroof.
  • Selfverryking is die hoofdoel van hierdie soort misdaad.

Die krimineel

  • Valse sosialemedia-profiele, waaronder foto’s, identiteitsdiefstal, photoshopping, word onder andere by hierdie tipe misdade gebruik.
  • Niks is waar wat aan die slagoffer voorgehou word nie. Dit is alles uitgebreide leuens – foto’s, video’s, voorgestelde kinders en alles wat op emosie sal staatmaak, is kunsmatig.
  • Die oortreders sal so ver gaan dat slagoffer met ’n “vals” kind praat.
  • Nigeriër-skelms is van die mees manipulerende afpersers, en daar is baie ander regoor die wêreld wat in hul voetspore volg.
  • Die skelms is uitstekende manipuleerders.
  • Hulle toon ’n bereidwilligheid om self-gegenereerde seksuele inhoud te deel wat ook vals is.
  • Hulle werk alleen, maar deel en verruil die verworwe inhoud.
  • Hulle teiken meeste slagoffers terwyl hulle in die buiteland werk.
  • Vroue sal gewoonlik manlike slagoffers teiken.
  • Mans sal meestal vroulike slagoffers teiken.
  • Hulle sal waarskynlik nie hul slagoffers vermoor nie, maar daar is gevalle waar moord plaasvind, aangeteken.

Die slagoffer

  • Werk gewoonlik in die buiteland, in lande soos Irak of Afghanistan, ens.
  • Verdien ’n goeie salaris en is finansieel standvastig.
  • Enkellopend of getroud.
  • Mans en vroue wat op afgeleë plekke is, en wat alleen voel en verlang na iets opwindend en intiem.

Voorkoming

  • Moenie vreemdelinge op sosialemedia-platforms aanvaar of uitnooi nie.
  • Aktiveer ’n private instellingopsie op alle sosialemedia-platforms.
  • Moenie enige persoonlike inligting aanlyn deel nie.
  • As jy ’n onbekende persoon wil ontmoet, moet jy altyd in ’n openbare plek vergader en ‘n familielid of vriend / vriendin laat weet waar u is. Dit word egter nie aangemoedig nie.
  • As hulle geld begin vra, stop alle kommunikasie.