KIMBERLEY – Twee atlete van Kimberley Diamond-stoeiklub het stof geskop in hul mededingers se oë tydens die Tuks Ope-wedstryde wat die naweek in Pretoria plaasgevind het.
Reginald Colosa het met die goue medalje in die senior kategorie weggestap.
Minette Kruger het uitgeblink in die meisies o/15 en ook die meisies o/17-wedstryde. Sy het in beide hierdie kategorieë die goue medalje verwerf.
Minette het ook met kontantpryse danksy haar uitmuntende prestasies weggestap.



