Dozi skei glo vir derde keer

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA – Henk Opperman (55) wat beter as die musikant Dozi bekend is, is volgens berigte glo besig om van sy derde vrou, Kim Viljoen (28), te skei.

Dit volg nadat die Huisgenoot berig het dat Kim uit die egpaar se huis in Hartbeespoort getrek het om by haar ma in Waterkloof Pretoria te gaan bly.

Die egpaar het in Desember 2018 getrou ná hulle in Julie 2018 verloof geraak het.

Volgens Channel24 het die musikant al Kim se foto’s van sy Instragram-profiel verwyder.

Dozi was in die negentigs met Tanya van Niekerk getroud en het ná drie jaar geskei. Hy het op 41-jarige ouderdom met Muriël Lategan, wat 22 was, getrou en hulle het 15 maande later geskei.

FiND iT het probeer om kontak met Dozi te maak, maar geen terugvoer is betyds vir publikasie ontvang nie.