KIMBERLEY – Hoërskool Diamantveld het op hul sportterrein gedurende die naweek van die top skole regoor die Noord-Kaap, Vrystaat, Noord-Wes en Gauteng uitgedaag.
Niel Marais, bemarkingsbestuurder van Hoërskool Diamantveld, sê in die persverklaring baie dankie aan al die sportspanne, afrigters, spanbestuurders, busbestuurders, ouers en personeel wat bygedra het om van hierdie dag ’n sukses te maak. “Aan ons hoofborg vir die dag, die Universiteit van die Vrystaat, ook opregte dank en waardering.”
Die gees en energie van Hoërskool Diamantveld se geeskomitee, Amok en Pom-Poms, het die skool spanne aangespoor tot goeie oorwinnigs.
Hoërskool Diamantveld wens al die sportspanne wat die skool met soveel trots verteenwoordig het geluk toe.
Die atlete en afrigters van Hoërskool Diamantveld se sportspanne sien met groot opgewondenheid na die Maart-vakansie toernooie en die res van die seisoen uit.
Die volledige uitslae van Hoërskool Diamantveld se sportuitslae is soos volg:













